Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 19 MEI 2013

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

IN DIE NUUS VANDAG:

LEDE KAN NOU DIE SARL-LOGO’s AFLAAI
OPDATEER JOU HERHALERINLIGTING
VERANDERINGS AAN DIE ‘ALL AFRICA AWARD’
U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

STIL SLEUTEL
Mike Lauterbach, ZS5ML, sekretaris van MARC het berig dat die sleutel van Fred Strauss, ZU5AS gedurende die vorige maand stil geraak het. Die SARL dra graag sy simpatie aan Fred se familie en vriende oor.

NUUS VAN DIE SARL RAAD
'n Raadsvergadering van die SARL is gehou op 15 Mei. Op hierdie raadsvergadering is daar besluit op 'n wysiging van die reëls vir die All Africa Award. Dit is die onderwerp van 'n afsonderlike berig vandag.

Daar is ook besluit dat die SARL se 2014 AJV (algemene jaarvergadering) gehou sal word op Saterdag 12 April 2014. Die Magalies Radioamateurklub (MRK) sal die gasheer wees. Die vyftigste herdenking van die stigting van MRK, is in 2014. Die plek en reëlings sal ter gelegener tyd op SARL Nuus aangekondig word.

LEDE KAN NOU DIE SARL-LOGO’s AFLAAI
‘n Splinternuwe funksie is op die ‘slegs lede-afdeling’ van die SARL webwerf toegevoeg wat toelaat dat lede nou die SARL-logo’s vir gebruik op QSLkaarte en ander eie skryfbehoeftes of webwerwe kan aflaai. Die aflaaiblad het logo’s in ‘n verskeidenheid van formate met duidelike aanwysings ten opsigte van hoe en waar die logo’s gebruik mag word asook inligting ten opsigte van die voorkeur lettertipes. Gaan na www.sarl.org.za en klik op die ‘slegs lede’-sleutel op die boonste regterkant van die tuisblad en volg vandaar die skakels.
OPDATEER JOU HERHALERINLIGTING
Die langverwagte Herhalerdatabasisprogram is gereed vir gebruik deur alle amateurradio herhalereienaars in die Republiek. Die probleme met die internetdiensverskaffer is intussen opgelos, en na verloop van uitgebreide aanlyn toetsing en uitstryk van haakplekke in die databasis, is die program nou beskikbaar om alle inligting van herhalerstasies wat deur Klubs en individue bedryf word, op te dateer. Ten einde die program te kan gebruik, is dit nodig om op die webwerf www.zs6fz.co.za/ te registreer. Klik op ‘skep ‘n nuwe gebruiker’ (create a new user) en volg die aangeduide opdragte. Nadat registrasie afgehandel is, teken in met jou gebruikernaam en wagwoord, kontak die vereiste herhalerstasie en begin met die opdatering van die verlangde inligting. Die volgende stap is om die fasiliteit met die SARL-webstelsel te integreer – in die interim moet die opdatering van die inligting so gou moontlik afgehandel word. Alle herhalerverwante versoeke en aansoeke vir herhalerwerkings moet aan die adres repeater@sarl.org.za gerig word.
VERANDERINGS AAN DIE ‘ALL AFRICA AWARD’
Die Raad van die SARL het ‘n voorstel aanvaar dat krediete ten opsigte van die ‘Logbook of the World’ (LoTW) aangewend mag word wanneer aansoeke vir die ‘All Africa Award’ voorgelê word. Die reels word tans aangepas. Sodra dit gefinaliseer is, sal die nuwe reels en besonderhede in hierdie verband paslik gepubliseer word waarna aansoeke dan ingedien kan word. Besonderhede sal in die SARL-nuus en op SARL-webwerf verskaf word.
5 MHZ-WERKING TOON INTERESSANTE VOORTPLANTINGSWEë
‘n Groot aantal SARL-lede het reeds geregistreer vir gebruik van die 5MHz-band. Die SARL het onlangs lisensies vir twee frekwensies, 5250 en 5260 kHz aangekoop.
Hierdie twee frekwensies is slegs aan geregistreerde SARL-lede beskikbaar. Gaan na die webwerf www.sarl.org.za, selekteer ‘Propagation Research’ in die linkerhandse paneel en volg die skakels. Indien jou naam en roepsein nie gelys is nie, mag jy ongelukkig nie op enige van die twee frekwensies werk nie. Indien dit wel sou gebeur dat ongeregistreerde lede die frekwensies gebruik, bestaan die gevaar dat diesulkes deur die Lisensie-owerheid beboet kan word. Registrasie neem gewoonlik slegs 3 dae.
Die SARL oorweeg tans verskeie voorstelle vir voortplantingeksperimente op die frekwensie 5250 kHz en sal op Woensdag 22 Mei 2013 om 20:00 ‘n telekonferensie loods ten einde die voorstelle te bespreek. Voorstelle is reeds ontvang en word intussen geëvalueer. Nuwe voorstelle kan, tesame met volledige besonderhede, voorgelê word. Dui ook kontakbesonderhede vir uitnodiging na die telekonferensie aan. ‘n Volledige lys van alle voorstelle vir die agenda sal ook voorsien word. Voorstelle moet na propresearch@sarl.org.za gestuur word nie later nie as Dinsdagmiddag 21 Mei 2013. ‘n Maksimum van 10 deelnemers kan by die telekonferensie inskakel en slegs landlyne kan geakkommodeer word.
BEDUIDENDE MYLPAAL VIR SKA
Die eerste wetenskaplike voorlegging gebaseer op waarnemings deur die Suid-Afrikaanse nuwe KAT-7 radioteleskoop, is vir publikasie deur die hoogaangeskrewe tydskrif ‘Monthly Notices of the Royal Astronomy Society’ aanvaar. "This is a significant milestone for South Africa's SKA project, proving that our engineers are able to deliver a cutting-edge scientific instrument, and that our scientists are able to use it for frontier science," het mnr. Derek Hanekom, Minister van Wetenskap en Tegnologie kwytgeraak. Dit voorspel duidelik groot dinge vir die lewering van Suid-Afrika se 64skottel MeerKAT teleskoop, tans onder konstruksie in die Karoo, asook vir die bekwaamheid om ‘n sleutelrol in die bou en inwerkingstelling van duisende SKA-antennas oor die volgende tien jaar te speel.
Suid-Afrika en internasionale sterrekundiges het met die nuwe KAT-7 Teleskoop in die Karoo, tesame met die bestaande 26m radioteleskoop by die Hartebeesthoek Radio Sterrekundige Observatorium (HartRAO), reeds ‘n neutronsterstelsel, bekend as ‘Circinus X-1’ waargeneem terwyl dit energieke materie van sy kernpunt afvuur in omvangryke, kompakte helderverligte strale, die detail waarvan slegs deur middel van radiogolwe sigbaar is. Lees die volle besonderhede en kyk na die kort videogreep op www.amsat.org.za/.
RADIOGENOOTSKAP VAN GROOT BRITANJE (RSGB) EEUFEESMEDALJES ONTHUL DEUR PRINS PHILIP
2013 is die Eeufeesviering van die Radio Genootskap van Groot Britanje, die liggaam wat die 20 000 radioamateurs van Britanje verteenwoordig. Die RSGB het aangekondig dat sy Beskermheer, Sy Hoogheid Prins Philip, Hertog van Edinburgh, KG, KT die “Society for Centenary Day” by die Britse nasionale Radiosentrum, Bletchley Park op 5 Julie 2013 sal bywoon. Hy sal van die lede en ander gaste ontmoet voor die onthulling van die plaak om die Eeufeesviering te gedenk. ‘n Aantal aktiwiteite, toesprake en vertonings word beplan waaraan lede van die Radiogenootskap en lede van die gemeenskap sal deelneem. Indien enigiemand van Suid-Afrika toevallig op 5 Julie 2013 hulle daar bevind, doen aan te Bletchley Park vir ‘n koninklike geselligheid!
DIE DAG VAN DIE JD's 2013

Die Suid-Afrikaanse JD-groep sal u betrokkenheid tydens hierdie aktiwiteit, wat tans aan gang is, waardeer.

Vir die derde keer in die wêreld vind die DIE DAG VAN DIE JD's van 06:00 UTC op 18 Mei tot 18:00 UTC op 19 Mei 2013 plaas.

Die doel van die dae is om JD-aktiwiteit wêreldwyd te bevorder en natuurlik word OM's ook uitgenooi om deel te neem.
Bande om te gebruik SI: : 3,5 - 7 - 14 - 21 - 28 MHz.
Daar word aanbeveel dat roepe gedoen word binne plus of minus 10 kHz van die volgende frekwensies:
GG: 3,533, 7,033, 14,033, 21,033 en 28,033 MHz
RTD: 3,588, 7,044, 14,088, 21,088 en 28,088 MHz
ESB: 3,733, 7,133, 14,213, 14,240, 14,300, 21,233, 21.400 en 28,433 MHz
Uitruilings: RS(T) + YL/OM (byv 59(9)+ YL/OM) dieselfde stasie mag eenkeer op elke band en modus gekontak word.

Punte akkumuleer as volg:
Vir OM/YL 2 punte
Vir YL/YL 3 punte
Vir YL/OM 1 pointunte

Stuur logstate nie later nie as 26 Mei aan f5isy@orange.fr.

KOMPETISIENUUS

Die Mei 2013-uitgawe van die CQ tydskrif lys die uitslae van die 2012 CQ WW DX GG kompetisie gehou in November 2012. Daar is 'n goeie vertoning van stasies van Suider-Afrika.

Baie geluk aan Bernie van der Walt, ZS4TX, wat die tweede plek in die wêreld in die Enkel-operateur hoe krag 15 meter kategorie behaal het. Baie geluk ook aan 7P8D, wat 'n tweede plek in Afrika in die multi-operateur twee-sender kategorie gehaal het en ook 41ste uit 72 stasies wêreldwyd ge-eindig het.

Die tweede been van die SARL Digitale kompetisie word gehou word op Sondag 26 Mei vanaf 13:00 tot 16:00 UTC met PSK en RTD werking op 80, 40 en 20 meter. 'n Stasie mag twee keer per band gekontak word, een keer op PSK en een keer op RTD. Die uitruilings is 'n RST verslag en 'n reeksnommer wat by 001 begin. Logstate moet voor Maandag, 3 Junie aan contest@sarl.org.za gestuur word. Vind die reëls op bladsy 42 van die 2013-SARL kompetisiehandboek.

Die CQ WW WPX GG kompetisie is op die lug van 00:01 UTC Saterdag 25 Mei tot 23:59 UTC op Sondag 26 Mei met aktiwiteit op 160, 80, 40, 20, 15 en 10 meter. Die uitruiling is 'n RST verslag en 'n reeksnommer wat by 001 begin. Enkel-operateurs mag net 36 van die 48 uur deelneem. Vind al die reëls by www.cqwpx.com/rules.htm

KLUBNUUS

Geen Klubnuus is gedurende hierdie week ontvang nie.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak gematig gaan wees. Daar is tans heelwat grooterige sonvlekke maar net AR1748 het 'n delta klas magneetveld wat genoeg energie huisves vir X-klas fakkels.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 89. Die geomagnetiese magneetveld mag versteur word.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 20 m net 'n kortkop agter behoort te wees. Goeie 10 m openinge gaan oor daglig paaie voorkom.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

25/26 Mei – CQ WW WPX GG Kompetisie
26 Mei – Tweede been van SARL Digitale Kompetisie
26 Mei - Logstate vir die Dag van die JD's moet in wees na f5isy@orange.fr.
31 Mei - Laaste dag vir indiening van logstate vir die AWA se AM/ESB lamp QSO-party na andy.cairns@xsinet.co.za.
2 Junie – Keerdatum vir indien van SARL Digitale Kompetisie logstate.
15/16 Junie - Eerste naweek van die Internasionale Museumnaweke se geleentheidsnaweke, registreer jou museumstasie by www.ukradioamateur.co.uk/imw.
22/23 Junie - Tweede naweek van die Internasionale Museumnaweke se geleentheidsnaweke.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 025 en 17 660 kHz en ook 'n podcast deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op "Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web'. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 3 230 kHz plaas. Op die webwerf verskyn ook besonderhede aangaande verskeie ander heruitsendings Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle sal waardeer word. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga met vetalings deur Arthur Jordaan, ZS1AIJ, saamgestel en geredigeer deur Louis Kirstein, ZS1LK.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003